Soorte resepte:

Resep: Hoenderbobotie

Hoenderbobotie (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie geurige hoenderbobotie is net so lekker en smaaklik soos maalvleisbobotie.

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • 625 ml fyngemaakte gaar hoender
  • 50 ml sultanas
  • 2 middelslag-uie, gekap
  • 250 ml mayonnaise
  • 20 ml fyn appelkooskonfyt
  • 10 ml suurlemoensap
  • 1 x 60 g-pakkie hoenderroomsoppoeier
  • 10 ml kerriepoeier
  • 250 ml melk
  • 5 tot 10 ml droë gemengde kruie
  • 2 eiers
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn oondskottel.
  2. Meng die hoender, sultanas en uie en skep dit in die voorbereide oondskottel.
  3. Klits die res van die bestanddele saam en geur met sout en peper na smaak.
  4. Giet dit oor die hoender en meng liggies met ʼn vurk.
  5. Bak 40 tot 50 minute tot goudbruin en gestol.

Bron: Lekker & vinnig: Sakpasgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Eend Bessinger

Vir die mense wat nie van kerrie hou nie, vervang het dit met braaigeursel.