Soorte resepte:

Resep: Hoenderbolognese

Hoenderbolognese (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié pastagereg is ideaal vir ʼn weeksaand.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

PASTA

  • 500 g skulpiepasta
  • 10 ml (2 t) olie
  • 5 ml (1 t) sout

HOENDERBOLOGNESE

  • bietjie olie
  • 1 ui, gekap
  • 5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
  • 2 selderystingels, fyn gekap
  • 2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
  • 1 ml droë pietersielie
  • 600 g hoendermaalvleis
  • 1 ml sout
  • swartpeper na smaak
  • knypie rooipeper
  • 410 g (1 blik) gekapte tamaties
  • 30 ml (2 e) blatjang
  • 250 ml (1 k) gerasperde Cheddarkaas

Metode

  1. Verhit die water tot kookpunt en roer die olie en sout daarby. Voeg die pasta by en kook vir ongeveer 12 minute tot al dente.
  2. Dreineer die pasta en roer ekstra olie deur sodat die pasta nie aanmekaar kleef nie.
  3. Verhit die olie en soteer die ui en knoffel tot deurskynend.
  4. Voeg die seldery, kruie en pietersielie by en soteer vir nog vier minute.
  5. Voeg die maalvleis, sout en rooipeper by en braai tot die maalvleis gaar is. Roer dit gereeld sodat die maalvleis fyn is wanneer dit heeltemal gaar is.
  6. Roer die tamaties en blatjang deur en laat dit vir 12 minute oor matige hitte prut of tot die sous effens ingedamp het.
  7. Skep die pasta in ʼn oondbak van ongeveer 25 cm x 35 cm. Skep die hoenderbolognese bo-op.
  8. Strooi die kaas oor en plaas die bak onder die roosterelement vir ses minute of tot kaas gesmelt is.
  9. Sit dadelik voor.

Bron: Beste uit Vrouekeur: 50 Gesinsresepte no.3

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.