Soorte resepte:

Resep: Hoenderbredie

Foto: ladlesandjellyspoons.com

Foto: ladlesandjellyspoons.com

Vir hierdie bredie gebruik ʼn mens net een hoender, maar dis genoeg vir tot agt mense. Sit dit voor met rys en ʼn mengelslaai. Mev. Noens Schultz van Newcastle sê sy het die resep by hul dominee se vrou gekry.

Lewer 6 – 8 porsies

Bestanddele:
1 hoender
sout en peper na smaak
1 pakkie (65 g) sampioensoppoeier
100 g (250 ml) rou macaroni
125 g botter of margarien
2 middelslaguie, in ringe gesny
4 middelslagtamaties, ontvel en in blokkies gesny
70 g (125 ml ongesifte) koekmeelblom
200 ml water
250 g (625 ml) gerasperde cheddarkaas

Metode:
Geur die hoender met sout en peper en kook tot sag. Ontbeen en sny die hoender in stukke. Vul die hoendersous met water aan tot 625 ml. Voeg die soppoeier by, roer gereeld en kook tot dik. Kook die macaroni in soutwater tot sag en dreineer.

Smelt die botter of margarien in ʼn groot kastrol. Voeg die uie by en braai tot sag. Voeg die tamaties by en kook ʼn rukkie. Meng die koekmeelblom met die water en roer by die tamatiemengsel. Voeg die hoendermengsel, kaas en macaroni by, meng en laat ʼn paar minute lank prut. Sit dit warm voor.

Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer in Huisgenoot Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.