Lewer 4 porsies
Bestanddele:
Witsous
- 60 ml botter
- 60 ml koekmeel
- 250 ml melk
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Krokette
- ʼn bietjie olie
- 1 ui, fyngekap
- 250 g (1 pak) sampioene, fyngekap
- 4 gaar hoenderborsies, ontbeen, ontvel en gemaal
- 10 ml vars gekapte pietersielie
- 2,5 ml Worcestershire-sous
Krummellaag
- ʼn bietjie koekmeel
- 1 eier, geklits
- 250 ml fyn, droë broodkrummels
- genoeg olie vir diepvetbraai
Metode:
- WITSOUS: Smelt die botter in ʼn kastrol en roer die meel by. Voeg die melk geleidelik by en roer oor lae hitte tot die sous glad en dik is. Geur met sout en peper.
- KROKETTE: Verhit ʼn bietjie olie en soteer die ui en die sampioene tot net sag.
- Voeg die uiemengsel en oorblywende bestanddele by die witsous. Laat koud word of verkoel in die yskas.
- Vorm die afgekoelde mengsel in rolletjies. Druk en vorm tot elke rolletjie dieselfde lengte is. Dit moet baie dik wees anders gaan dit vorm verloor.
- KRUMMELLAAG: Rol die krokette in die meel, dan in die geklitste eier en laastens in die broodkrummels.
- Braai die krokette in diep olie tot goudbruin en dreineer op kombuispapier.
- Sit dadelik voor.
Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronkik gepubliseer in Vinnig en Maklik, Resepte uit Vrouekeur 2, Marlo Carstens