Soorte resepte:

Resep: Hoenderlewersmeer

Hoenderlewersmeer (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Geurige en voedsame smeer vir kraakbeskuitjies of roosterbrood.

Lewer sowat 200 ml

Bestanddele

  • 50 ml/g botter
  • 1 klein ui, gerasper
  • 250 g hoenderlewers, gewas en in stukkies gesny
  • 1 lourierblaar
  • 5 ml gedroogde Italiaanse kruie
  • 10-15 ml asyn of droë witwyn
  • sout na smaak
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Smelt botter oor matige hitte en roerbraai die ui tot deurskynend. Voeg die hoenderlewer, lourierblaar en kruie by en roerbraai oor lae hitte tot ligbruin en net gaar.
  2. Verwyder die lourierblaar, plaas die gaar lewermengsel in ʼn voedselverwerker en verwerk tot glad.
  3. Voeg die witwyn, sout en peper na smaak by.

Wenke:

  1. Skep die smeer in ʼn bakkie, bedek met deksel of kleefplastiek en verkoel voor gebruik. Die smeer kan tot 3 dae in die yskas gebêre word.
  2. Weens die proteïen in die smeer is dit belangrik dat die lewersmeer (op sigself of op toebroodjies) voortdurend koud bly en dus in ʼn koelhouer met ʼn yspakkie vervoer word.

Bron: Uitpakkos deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.