Soorte resepte:

Resep: Hoendernoedelsop

Hoendernoedelsop (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Volledige maaltyd in een pot!
6 porsies

Bestanddele

  • 1 hoenderkarkas
  • 1,5 ℓ water
  • 5 ml (1 t) sout
  • 5 ml (1 t) varsgemaalde swartpeper
  • 15 ml (1 e) fyngekapte vars pietersielie
  • 5 ml (1 t) droë tiemie
  • 1 lourierblaar
  • 6 heel peperkorrels
  • 2 heel kruienaeltjies
  • 2 uie, gekap
  • 2 wortels, in blokkies gesny
  • 50 g eiernoedels
  • 60 ml (4 e) koekmeel

Metode

  1. Plaas die hoenderkarkas in ’n swaarboomkastrol en voeg die water, geurmiddels en groente by.
  2. Plaas die deksel op en laat die sop vir ongeveer 2 uur liggies prut.
  3. Verwyder van die hitte en giet die sop deur ’n sif. Gooi enige oorblywende speserye weg.
  4. Giet die sop terug in die kastrol en voeg die noedels by. Prut vir 15 minute lank of tot die noedels sag is.
  5. Meng die koekmeel met ’n bietjie water en voeg dit by die sop. Roer die sop aanhoudend en laat dit vir nog 3 minute prut.
  6. Bedien warm.

 

Bron: 50 sop-en-broodgeregte

Uitgewer: Lapa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Blou blom ·

Wat is n hoeder karkas – is dit letterlik net die bene of moet daar bietjie vleis aan wees?

Mornay ·

Blou Blom
Ek sny die vet en vel af maar sit wel vleis in
Party van my kuier mense van oorsee se as daar heel vleis in is is dit nie regtig sop nie maar meer n stew
Maar dan eet hul nog stteds laat hul huk

Groete

&

Lekker KOOK

Koos ·

Ek het ook gewonder of die vleis terug in die sop of nie.
Ek dink die Amerikaners het die beste beskrywing: Broth is dun loperige sop. Soup is sop wat dikker is maar steeds glad, en stew is wat ons as dik sop met stukkies vleis en groente ken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.