Soorte resepte:

Resep: Hoenderpasta met pesto

Hoenderpasta met pesto (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike, vullende en voedsame middagete.

Lewer 4-6 porsies
Bestanddele

HOENDER

  • 300 g hoenderrepies
  • 1 e olyfolie
  • ¼ t woestyn- of pienk sout
  • ¼ t growwe swartpeper

PASTA

  • 250 g gaar pasta

PESTOSOUS

  • 50 g gekoopte pesto
  • 250 ml onversoete amandelmelk
  • 1 eierwit, geklits
  • 1 t woestyn- of pienk sout
  • ¼ t growwe swartpeper
  • ½ t uiepoeier
  • ½ t gedroogde basiliekruid
  • 1 e rou heuning

AFRONDING

  • 4 heel pikantrissies, gehalveer
  • 50 g gerasperde parmesaankaas
  • 30 g dennepitte

Metode

  1. Braai die hoenderrepies in olyfolie tot gaar, geur met sout en peper.
  2. Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking, dreineer en laat stoom in die pot tot benodig.
  3. Verhit die pesto, amandelmelk met geklitste eier (of 250 ml room pleks van die amandelmelk en eier), sout en peper, uiepoeier, basilie en heuning tot kookpunt in ’n groterige kastrol.
  4. Voeg die hoender by en roer goed deur.
  5. Voeg die pasta by en roer tot alles met die sous bedek is.
  6. Skep dit in ’n bak en rond af met pikantrissies, parmesaankaas, dennepitte en vars roketblare.

Bron: Karlien kan nie kook nie deur Karlien van Jaarsveld en Izelle Hoffman

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.