Soorte resepte:

[Resep] Hoenderporsies met koljandersous

Hoender

Hoenderporsies met koljandersous Foto: Lekker & Vinnig

Hierdie lyk soos ʼn resep wat ʼn smulpaap sal geniet!

(Uit: Kruie van tuin tot tafel, Marie Greyvenstein)

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • 1 hoender, in porsies gesny
  • 30 ml koekmeel
  • 10 ml varsgemaalde swartpeper
  • 2 ml sout
  • 30 ml olyfolie
  • 125 ml hoenderaftreksel
  • 30 ml suurlemoensap
  • 30 ml gekapte koljanderblare
  • 10 ml gekneusde koljandersaad
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 15 ml room

Metode:

  1. Bestuif die hoenderporsies met ʼn mengsel van die koekmeel, sout en swartpeper. Skud die oortollige meel af.
  2. Verhit die olyfolie en braai die hoenderporsies tot goudbruin.
  3. Verlaag die hitte en voeg die res van die bestanddele, behalwe die room, by.
  4. Stowe die hoenderporsies vir 15-20 minute tot gaar.
  5. Skep die hoenderporsies uit en hou eenkant warm.
  6. Roer die room by die sappe in die pan en kook vinnig totdat dit effens verdik.

Dien die hoender saam met die sous op.

Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.