Soorte resepte:

Resep: Honde-bederfbak

Honde-bederfbak (Foto: Bake & Bark)

Koningskos vir wanneer jou hond hom goed gedra!

Hierdie resep moet nie as ʼn etevervanger beskou word nie. Raadpleeg eers ʼn kenner en voer jou hond verantwoordelik en met matigheid. Koop die Bake and Bark-resepteboek hier aanlyn.

Lewer sowat 4 porsies (afhangend van die grootte van jou hond)

Bestanddele

  • 700 g beenlose varktjop
  • ¼ k brokkoli, gekap
  • 4 k rou bruin rys
  • 1 hardgekookte eier

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 ° Rooster die varktjop op ʼn bakplaat wat met foelie toegemaak is vir 45 minute of tot die middel nie meer pienk is nie. Verwyder uit oond en laat afkoel.
  2. Kook die bruin rys volgens die instruksies op die pakkie en hou eenkant. Jy moet ongeveer 2 k gekookte bruin rys hê.
  3. Puree die brokkoli in ʼn voedselverwerker en hou eenkant. Jy moet ongeveer ¼ k brokkoli-puree hê.
  4. Wanneer die varktjop afgekoel is, sny dit in kleiner stukkies en blits dit effens in ʼn voedselverwerker.

Meng nou alles saam en bedien met opgesnyde eier bo-op.

 

Bron: Bake and Bark deur DARG

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Snowball

My hondkind se bederf is hoendernekkies, lewertjies en pensies, saam gekook en gemeng met rys. Daai windhond stert waai ekstra vinnig as sy dit ruik.

Leonard

Dis lekker en kan nuttig wees om ‘n hond aan te hou, en daar is ‘n mooi band tussen mens en hond, maar dit bly ‘n dier en daar is perke aan watter kos en ander bronne aan diere bestee word. Dit sit nie lekker as mens met outehuise, kinderhuise en oor die algemeen die waarneming dat daar mense is wat swaarkry te doen kry, om so artikel te lees om soveel aan ‘n hond te spandeer nie.

koos10

As ek nie kon lees nie, sou ek sweer die kos is op een of ander restaurant se spyskaart!!

Plaaskind

Ek wil resepte lees wat ons gesin kan geniet na ‘n lang dag en besige week, nie vir ons honde wat oor genoeg kos wat ten duurste gekoop word het nie.