Soorte resepte:

Resep: Honde-wortelkoek

Honde-wortelkoek (Foto: Bake & Bark)

Die diere-rehabilitasiesentrum Domestic Animal Rescue Group (DARG) in Houtbaai het pas ʼn resepteboek bekendgestel wat jou sal help om self gesonde kos vir jou honde by die huis te maak.

DARG help om misbruikte en verwaarloosde diere asook rondloperdiere te rehabiliteer en vir hulle nuwe tuistes te soek. Hulle help ook honde en katte in die nabygeleë Hangberg en Imizamo Yethu deur geld te skenk vir sterilisering, noodgevalle en algemene troeteldiersorg.

DARG ontvang geen ondersteuning van die regering nie en is afhanklik van die goedhartigheid van mense en geldinsamelingsprojekte.

Die groep se jongste projek, die honderesepteboek Bake and Bark, bied resepte met bestanddele wat vrylik in die winkel beskikbaar is. Al die resepte is sonder suiker, sout en xylitol.

Hierdie resep moet nie as ʼn etevervanger beskou word nie. Raadpleeg eers ʼn kenner en voer jou hond verantwoordelik en met matigheid. Vir meer inligting besoek hul webwerf hier. Koop Bark and Bake hier aanlyn.

Vier jou hond se verjaardag met hierdie heerlike bederf-koek!

Maak 1 x 20 cm koek

Bestanddele

  • 2 k wortels, gepuree
  • 2 groot eiers
  • 2 k volgraan meel
  • 1 k ongegeurde sardyne, gedreineer
  • ½ k sonneblomolie
  • ½ k warm water
  • 2 k volvet roomkaas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 ° Voer ʼn 20 cm- grootte ringpan met kossproei uit.
  2. Puree die wortels in ʼn voedselverwerker.
  3. In ʼn groot mengbak, klits eiers, voeg wortelpuree, meel, sardyne, olie en water by en meng goed.
  4. Skep die beslag in die voorbereide pan en maak glad bo-op.
  5. Bak vir 35 minute of tot goudbruin. Laat die koek heeltemal afkoel.
  6. Wanneer die koek heeltemal afgekoel is, versier met roomkaas en ekstra gerasperde wortel. Bedien snye van die koek aan jou hond.
  7. Bedek die oorskiet koek met foelie en verkoel in die yskas vir tot drie dae of in die vrieskas vir tot drie maande in ʼn lugdigte houer.

 

Bron: Bark ʼn Bake

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.