Dié is die mees gourmet roosterkoek wat jy al gesien het!
Bestanddele
- 1 kg winkeldeeg
- 125 g botter
- 1 knoffelhuisie, fyn gekap
Metode
- Smeer albei jou hande met botter in en rol dan ’n ronde bal met die deeg.
- Vorm die deeg soos ’n vetkoek en laat dit toe om vir 30 min te rys.
- Smeer nat knoffel oor die deeg.
- Plaas die deeg op die vuur en laat toe om bruin te rooster.
Swart sousie
Bestanddele
- 1 koppie (250 ml) Coke
- 4 teelepels (20 ml) Worcestersous
- 1 eetlepel (15 g) gemengde kruie (jy kan ook jou eie mengsel van jou gunstelingkruie maak)
- 1 knoffelhuisie, fyn gekap
- 1 teelepel (5 g) sout
- 1 teelepel (5 g) peper
- 1 teelepel (5 g) koljander
Metode
- Meng die Coke en Worcestersous in ’n groterige maatbeker.
- Voeg die gemengde kruie van jou keuse en daarna die knoffel by.
- Meng die sout, peper en koljander saam en voeg ’n knippie daarvan by die mengsel.
Vlakvarkboud
Bestanddele
- 1 kg vlakvarkboud
- 250 g spekrepies
- 200 g Worcestersousspeserye
- 1 ui, fyn gekap
- 1 eetlepel (30 ml) olyfolie
Metode
- Sny gleufies reg rondom en bo-op die boud en stop dié gleufies vol spekrepies.
- Vul ’n groot inspuiting met die swartsousmengsel en spuit dan die boud regdeur vol van die sous.
- Smeer die boud met die Worcestersousspeserye in.
- Meng die uie en olyfolie in ’n groot pot en laat dit toe om te prut.
- Plaas die vlakvarkboud saam met die uie in die pot en giet die res van die sousmengsel daaroor.
- Sit die deksel op die pot en maak die varkboud gaar oor 3 tot 4 ure op die vuur.
Blouwildebeesfilet
Bestanddele
- 1 kg bouwildebeesfilet
- ½ koppie (125 ml) olyfolie
- 1 eetlepel (15 g) gemengde kruie
- 4 eetlepels (60 g) nat knoffel
Metode
- Smeer die filet goed met die olyfolie in.
- Smeer die speserye en nat knoffel oor die filet en werk noukeurig in.
- Laat die knoffel toe om in die vleis in te trek vir 30 min.
- Plaas die filet in ’n toeknyprooster en vlambraai vir 45 sekondes aan elke kant.
- Bedien die opgesnyde filet in die boskoek.
Kyk die voorsmakie vir dié episode van Byt en Buskruit en kyk die volledige episode hier
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Dit klink en lyk absoluut heerlik. Ek gaan dit beslis probeer.