Soorte resepte:

Resep: Kerriehoenderpotjie

Foto ter illustrasie. (Foto: Andy Hay/Unsplash)

Die resep is maklik om voor te berei en ʼn heerlike manier om op Vadersdag tyd saam met pa langs die vuur deur te bring.

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 15 ml botter
  • 15 ml olie
  • 2 uie, gesny
  • 30 ml kerriepoeier
  • 12 hoenderporsies
  • 20 ml asyn
  • 5 ml fyn kaneel
  • 2 ml fyn droë gemmer
  • 10 ml sout
  • 50 ml bruinsuiker
  • 2 knoffelhuisies, gepers
  • 18 klein aartappels, geskrop
  • 1 pak (250 g) droëperskes
  • 20 ml hoenderaftrekselpoeier, opgelos in 250 ml kookwater

Metode:

  1. Maak die botter en olie in die potjie warm en soteer die uie daarin. Roer die kerriepoeier by en braai dit effens.
  2. Skep die uie uit en braai die hoenderporsles bruin.
  3. Skep die uie terug en gooi die geurmiddels by. Rangskik die aartappels en droëperskes bo-op en gooi die aftreksel oor.
  4. Sit die deksel op en laat dit omtrent 1½ uur lank oor stadige kole prut.

Potjiekosgeheim: Pak alles in lae en moenie deurmekaar roer tydens die gaarmaakproses nie. Potjiekos moet stadig oor matige hitte gaar word en kan met enige soort groente van jou keuse gemaak word.

Bron: Nie vir Ma’s nie
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Klipkop ·

Ek sien onder aan die resep staan; “Nie vir ma’s nie.”
Hoekom nie??? Maak die kos daarin dalk die mammies vet???

ONTPS ·

Die resepteboek waaruit die resep kom se naam is “Nie vir Ma’s nie”

Mad Mike die Rhodesiër ·

Vir die mense wat nie van kerrie hou nie, kan jy die kerrie-speserye vervang met BARBEQUE SPICE. Dit smaak steeds heerlik sonder die skop.

Eend Bessinger ·

Baie mense hou nie van kerrie nie of kan nie kerrie eet nie.. Die resep werk ook lekker met braaikruie (barbeque spice) vir ‘n heerlike “braai”-hoender.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.