Soorte resepte:

Resep: Kerrievis

Kerrievis (Foto: Byt & Buskruit)

Kerrievis en slaai is die perfekte naweekgereg.

Bestanddele

  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 cm-gemmer, gekap
  • 2 soetrissies, gekap
  • tamaryn
  • 1 stuk vis
  • 1 ½ e garam masala
  • ½ k olyfolie
  • 1 ½ t sout
  • kerrieblare
  • 2 tamaties

Metode

  1. Verhit olie in ’n pot en voeg gekapte uie, soetrissie, gemmer en knoffel by. Laat dit stadig roerbraai vir so ± 3 minute.
  2. Voeg dan die garam masala by, sowel as die kerrieblare.
  3. Roerbraai dit saam tot die geure trou.
  4. Gooi dan gekapte tamaties by saam met die tamaryn en kook tot sag.
  5. Sny die vis in 4 cm-blokkies en gooi sout oor. Braai die visblokkies in ’n warm pan vir ± 1 minuut aan elke kant.
  6. Gooi die vis binne-in die kerriesous en laat prut vir sowat 10 minute.
  7. Gooi bietjie water by, indien nodig, en sout en peper na smaak.
  8. Skep in ’n uitgeholde broodjie en sprinkel vars koljander bo-oor.

Bykos: Slaai

Bestanddele:

  • wortels
  • uie
  • soetrissie
  • asyn
  • sout en peper na smaak
  • tamatie

Metode

  1. Kap bogenoemde bestanddele op en bedien saam.

Bron: Byt & Buskruit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.