Soorte resepte:

Resep: Keurige Kaapse kerrievis

Keurige Kaapse kerrievis (Foto: Lapa-uitgewers)

Vis, perske, gemmer; dié gereg sal jou smaakknoppies prikkel!

Bestanddele

  • 1,5 kg stokvis
  • 375 ml meel
  • 25 ml vlapoeier
  • 5 ml sout
  • witpeper
  • 2-3 eiers, met ʼn bietjie water geklits
  • druiwepitolie

KERRIESOUS

  • 2 uie, gekap
  • 10 ml gekapte knoffel
  • druiwepitolie
  • 10 ml gerasperde vars gemmer
  • 15 ml fyn koljander
  • 15 ml heel komynsaad
  • 2,5 ml fyn kaneel
  • 20 ml masala, of meer na smaak
  • 5 ml gekapte vars rooi brandrissie (opsioneel)
  • 10 ml borrie
  • 10 ml sout, of na smaak
  • 170 ml suiker
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 750 ml asyn
  • 5 suurlemoen- of lourierblare
  • 125 ml water
  • 20 ml suurlemoensap
  • 15 ml koljanderblare (dhania)
  • ’n handvol droëperskes

Metode

  1. Sny die vis in netjiese klein porsies.
  2. Meng die meel, vlapoeier, sout en peper.
  3. Rol die visporsies in die meelmengsel en dan in geklitste eier.
  4. Braai die vis in vlak olie in ’n pan tot gaar en dreineer dit op kombuispapier.
  5. KERRIESOUS
  6. Braai die uie en knoffel in die olie tot sag.
  7. Voeg die gemmer, koljander, komynsaad, kaneel, masala, rissie en borrie by en roerbraai vir ’n paar minute.
  8. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die droëperskes, by die mengsel en kook dit 3 minute. Verlaag die hitte en prut nog 20 minute. Voeg die droëperskes by.
  9. Plaas die vismootjies en sous in lae in ’n erdehouer wat dig kan sluit en laat dit ten minste 3 dae in die yskas staan sodat die geure kan meng.

Bron: Vallei van melk en heuning, Riana Scheepers

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Landi ·

Liewe ouers! Sowat van karring aan ‘n resep. Bid jou aan vlapoeier en droë perskes in kerrievis. Klink meer na poeding!

Maljan ·

Moenie vergeet nie, iemand het druiwepitolie ontdek. Is mos ook n bestanddeel van Timjan?

Dawie ·

Jy sal net die asyn drasties moet verminder tot so 50 ml sodat dit nie pekel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.