Gee jou braai woema deur dié voorgereg voor te sit!
Genoeg vir 4 mense
Bestanddele
- 600 g slakke
- botter
- 400 g bloukaas (ek gebruik gorgonzola)
- 250 ml room
- 3 e knoffel
Metode
- Dreineer die slakke en spoel dit liggies met water af. Slakke ruik ’n bietjie na sulfaat as dit uit die blik kom en ruik net heelwat beter as jy dit eers afspoel.
- Verhit ’n bietjie botter in ’n klein potjie en soteer die slakke vir ongeveer 4 minute. Krummel die bloukaas daarby en roer deur. Voeg daarna die room en knoffel by en laat dit liggies prut vir 15 minute.
- Sit dit saam met geroosterde brood of vars growwe bruin brood voor.
Bron: Laat die potte sing deur Marlise Scheepers
Uitgewer: Lapa
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Waar is die knoffel?