Lewer 4 – 6 porsies
Bestanddele:
500 g hoenderstukke
500 ml koladrank (Coca-Cola of Pepsi)
sout en peper na smaak
15 ml gouestroop
15 ml sojasous
Metode:
Plaas die hoender in ‘n kastrol, voeg die koeldrank by, geur met sout en peper en kook tot sag.
Voeg die stroop en sojasous by en braai tot tameletjie.
Hierdie baie maklike resep kom van mev. F. van Vuuren van Cradock.
Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer in Huisgenoot Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering