Soorte resepte:

[Resep] Korslose souttert

Korslose souttert (Foto: Lapa-uitgewers)

Vinnig en met min skottelgoed!

Bestanddele

  • 45 ml botter
  • 45 ml koekmeel
  • 30 ml mielieblom
  • 500 ml melk
  • 4 groot eiers, geklits
  • 500 ml gerasperde kaas
  • 45 ml gerasperde ui
  • 2 x 300 g (2 blikkies) soutvleis, fyngemaak
  • 10 ml mosterdpoeier
  • sout, peper, paprika en pietersielie
  • 150 g tamatiesousgeur
  • aartappelskyfies, fyngemaak

Metode

  1. Smelt die botter en roer die meel en mielieblom by. Roer die melk geleidelik by en prut tot die sous verdik.
  2. Voeg die eiers, kaas, ui, vleis en geurmiddels by.
  3. Strooi ʼn laag fyngedrukte aartappelskyfies in die tertbak en skep ʼn laag vleismengsel oor. Herhaal die lae met die res van die bestanddele.
  4. Bak die tert ʼn halfuur lank teen 180 °C (tot goudbruin).

Bron50 Boerekos-geregte

UitgewerLapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elmien

Dit lyk heerlik gaan beslis die naweek maak

Braaier

Wat is 150 g tamatiesousgeur?

Meraai

Is dit 10ml van elk by die mosterdpoeier?

Fran

Ek vervang gewoonlik ‘n resep se geblikte vleis of weense worsies met maalvleis. Dit smaak beter en kos ongeveer dieselfde prys.