Soorte resepte:

Resep: Krapkoekies

Krapkoekies (Foto: Kook saam Kaaps, Lapa)

Heerlik met die somer wat wink! Probeer gerus dié soort viskoekie.

Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 12 krapstokkies, gekap
  • 1 groen soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny
  • 1 groot ui, gekap
  • 15 ml tamatiepasta
  • 15 ml suurlemoensap
  • 10 ml knoffelpasta
  • 5 ml brandrissievlokkies of fyngekapte vars brandrissie
  • 5 ml heel komynsaadjies
  • 120 g koekmeel
  • 125 ml water
  • olie om vlak te braai

Metode

  1. Meng al die bestanddele, behalwe die meel en water, en laat die mengsel vir 10 minute eenkant rus.
  2. Roer die meel deur en voeg genoeg water by om ʼn stywe beslag te vorm. Laat die beslag vir 30 minute in die yskas rus.
  3. Verhit ʼn bietjie olie in ʼn pan en braai eetlepels vol van die beslag tot goudbruin en gaar.
  4. Dreineer die gaar krapkoekies op kombuispapier en sit voor.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.