Resep: Lekker seekossous

Lekker seekossous (Foto: Lapa-uitgewers)

Vinnig en maklik!

Bestanddele

  • 500 ml mayonnaise
  • 2 hardgekookte eiers, fyngedruk
  • 15 ml aangemaakte mosterd
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 15 ml varsgekapte pietersielie of 5 ml droë pietersielie
  • 15 ml gekapte grasuie
  • 15 ml gekapte kappertjiesaad
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam en verkoel tot nodig.

Bron: Kruie van tuin tot tafel deur Marie Greyvenstein

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae