“Ek het die resep meer as 30 jaar gelede gekry by ʼn dierbare vriendin, Lettie de Swardt, wat onlangs oorlede is. Die resep was gewild by kermisse en skoolfunksies. Baie vriendinne gebruik dit nog,” skryf Rochelle Carstens, ʼn Maroela Media-leser.
Bestanddele:
- 6 uie gekap
- olie
- 4 e kerrie
- 2 e borrie
- 2 k asyn
- 1 k suiker
- 1 groot blik tamatiepuree
- 5 kg maalvleis (gaar gemaak)
- geurmiddels
- 2 e appelkooskonfyt
- gaar gemengde groente (opsioneel)
- 1 k rosyne (opsioneel)
Metode:
- Braai die uie in olie tot sag.
- Roer kerrie en borrie by, kook vir so ʼn rukkie terwyl dit geroer word.
- Meng asyn, suiker en tamatiepuree en voeg by die uiemengsel. Kook baie stadig vir so ʼn rukkie.
- Voeg die gaar vleis by (gaar hoender kan ook gebruik word in plaas van maalvleis).
- Voeg geurmiddels en konfyt by. Roer en kook so ʼn rukkie. Indien jy gemengde groente en rosyne wil gebruik, voeg dit ook by saam met die konfyt en geurmiddels. Dien op.
Water my mond nou – die prentjie wat saam met die resep gaan, laat my terugdink aan Baas & Mossie.
………Kwyl……!!