Soorte resepte:

Resep: Maalvleis con carne

Foto ter illustrasie (Foto: Constanze Riechert-Kurtze/Pixabay)

Saam met gekookte bruinrys, slaai of gemengde groente sal hierdie dis ʼn heerlike aandete wees.

Porsiegrootte ongeveer 170 g

Bestanddele

  • olyf- of canola-olie
  • knoffel, gekap
  • gemaalde maer beesvleis
  • ingemaakte tamatie-en-uiesmoor
  • worcestersous
  • tamatiesous
  • swartpeper, vars gemaal
  • gaar rooi nierboontjies
  • Tabascosous/rissiesous

2 porsies

  • 2,5-5 ml olyf- of canola-olie
  • 2,5 ml/na smaak knoffel, gekap
  • 200 g gemaalde maer beesvleis
  • ½ x 410 g ingemaakte tamatie-en-uiesmoor
  • 10 ml worcestersous
  • 10 ml tamatiesous
  • swartpeper, vars gemaal
  • ½ x 400 g gaar rooi nierboontjies
  • ± 2,5 ml Tabascosous/rissiesous

4 porsies

  • 5-10 ml olyf- of canola-olie
  • 5 ml/na smaak knoffel, gekap
  • 400 g gemaalde maer beesvleis
  • 410 g-blik ingemaakte tamatie-en-uiesmoor
  • 20 ml worcestersous
  • 20 ml tamatiesous
  • na smaak swartpeper, vars gemaal
  • 400 g-blik gaar rooi nierboontjies
  • ± 5 ml Tabascosous/rissiesous

Metode

  1. Verhit die olie en roerbraai die knoffel en maalvleis totdat die vleis ligbruin verkleur.
  2. Roer die tamatie-en-uiesmoor, worcestersous, tamatiesous, swartpeper en nierboontjies by. Prut die vleismengsel vir 10 minute oor lae hitte en roer van tyd tot tyd om aanbrand te voorkom. Geur dit na smaak met die rissiesous.

VARIASIE: Maak ʼn egte Mexikaanse gereg deur die maalvleis in ʼn tortilla of pannekoek toe te rol en saam met gekapte tamatie en groen soetrissie of avokadoskyfies te bedien.

Bron: Min moeite
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.