Soorte resepte:

Resep: Maalvleis-roly-poly

Foto: Kook saam Kaaps

Maalvleis-roly-poly. Foto: Kook saam Kaaps

Wat ʼn heerlike Kaapse resep van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker! Dié twee het verlede maand by Maroela Media kom kuier oor hul kookboek Kook saam Kaaps.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele:

  • 5 ml kookolie
  • 15 ml botter
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 5 ml fyngekapte knoffel
  • 7,5 ml fyn gemmer
  • 10 ml bruinsuiker
  • 7,5 ml matige kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 500 g beesmaalvleis
  • 25 ml blatjang
  • 10 ml appelkooskonfyt
  • 10 ml asyn
  • 10 ml worcestersous
  • 10 ml tamatiepasta
  • 500 g klaargemaakte brooddeeg
  • 1 eier, geklits

Metode:

  1. Verhit die olie en botter in ʼn swaarboomkastrol en braai die uie liggies tot sag en deurskynend.
  2. Voeg die gekapte knoffel by en braai vir nog 2 minute.
  3. Voeg die gemmer, suiker, kerrie, borrie, sout en peper by die uie en braai liggies vir ʼn verdere 2 minute.
  4. Voeg die maalvleis, blatjang, appelkooskonfyt, asyn, worcestersous en tamatiepasta by en roer deur.
  5. Laat die mengsel vir 30-45 minute oor matige hitte prut.
  6. Voorverhit die oond tot 180 ˚C en spuit ʼn bakplaat met kossproei.
  7. Rol die deeg op ʼn meelbestrooide oppervlak tot 1 cm dik uit
  8. Skep die kerriemaalvleis op die deeg en versprei dit eweredig.
  9. Rol die deeg op soos ʼn rolkoek en sny die rol in 1 cm-skywe.
  10. Pak die skywe plat op die voorbereide bakplaat en verf die geklitste eier bo-oor.
  11. Bak vir 15-20 minute tot goudbruin en gaar.

Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

foxi ·

Twee lieflike mense…..spontaan lieflik. As ek net so kon kook, sou my lewensmaat seker vir my koperpotte gekoop het! : )

Roelien Smythe ·

Ek love die twee dames. So spontaan. Het gister hulle boek gekoop en kan nie wag om dit te gebruik nie. Sou baie graag hulle handtekeninge en n ou boodskappie in my boek wou he

E.K. (vra net) ·

Dit lyk op foto of daar nog gerasperde kaas ook oor party rolletjies gestrooi is? Seker dan opsioneel want ek lees niks van dit in die resep nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.