Soorte resepte:

Resep: Maalvleisgereg met kool

Maalvleisgereg met kool (Foto: NB Uitgewers)

Die perfekte kombinasie van geure vir koel dae wat nog kan opduik.

Lewer 6-8 porsies

BESTANDDELE

  • ½ kop kool, gekerf
  • 1 ui, gekap
  • 500 g maalvleis
  • 5 ml gekapte vars knoffel
  • 1 soetrissie, gekap
  • 1 vleisaftrekselblokkie
  • 250 ml water
  • 30 ml tamatiepasta
  • 10 ml bruinsuiker
  • 5 ml droë pietersielie
  • 2 ml swartpeper

Witsous

  • 30 ml margarien
  • 30 ml koekmeel
  • 250 ml melk
  • sout en peper
  • 125 ml gerasperde kaas

METODE

  1. Kook die kool vir 15 minute of tot sag.
  2. Braai die ui in olie, voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
  3. Voeg die knoffel en soetrissie by en braai vir 5 minute.
  4. Voeg die res van die bestanddele by en laat stadig kook.
  5. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  6. Vir die witsous: Verhit die margarien en meel. Voeg die melk geleidelik by en roer tot verdik. Geur met sout en peper.
  7. Skep ’n laag maalvleis in ’n gesmeerde oondbak, gevolg deur kool en witsous. Herhaal die lae en strooi die kaas oor.
  8. Bak vir 30 minute.

Bron: VLV-kookboek

Die VLV-kookboek bevat ‘n versameling flatervrye resepte deur die lede van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland ter viering van hul 90ste bestaansjaar. Dit is ‘n onontbeerlike resepteboek deur ma’s en vroue vir vroue van alle ouderdomme.

Die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland is ‘n nieregerende organisasie wat op 15 Oktober 1929 in Franschhoek in die lewe geroep is met die doel om persoonlike groei te bevorder en gemeenskapsdiens te verrig.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R350-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anna ·

Baie lekker, moet seker saam met een of ander stysel bedien word. Net so is dit te min vir meer as 3 mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.