Soorte resepte:

Resep: Maalvleistertjies

Maalvleistertjies (Foto: Lapa Uitgewers)

Maak dié eenvoudige maalvleistertjies vir ʼn peuselhappie of pak dit in die kroos se kosblikke.

Lewer 12 porsies

Bestanddele

  • 800 g (2 x 400 g-rolle) skilferkorsdeeg
  • bietjie olie
  • 1 ui, gekap
  • 2,5 ml gekapte vars knoffel
  • 500 g maer beesmaalvleis
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 ml droë gemengde kruie
  • 30 ml blatjang
  • 250 ml gerasperde cheddar
  • 150 g mozzarellakaas, in blokkies gesny
  • 100 g macadamianeute, grofgekap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ʼn bakplaat.
  2. Rol die skilferkorsdeeg oop en sny in 12 x 12 cm-blokke.
  3. Verhit die olie en soteer die ui en knoffel tot sag. Voeg die maalvleis by en kook tot gaar. Geur met sout, peper, kruie en blatjang.
  4. Skep een eetlepel maalvleis in middel van elke deegvierkant.
  5. Verdeel die cheddar tussen die maalvleishopies en skep weer een eetlepel maalvleis bo-op. Strooi die mozzarellakaas en neute bo-oor.
  6. Buig die punte van deegvierkante na binne en bak vir 25 minute tot goudbruin en gaar.

Bron: Oorspronklik gepubliseer in Vrouekeur 3 deur Marlo Carstens
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.