Braai hierdie sosaties oor die kole en bedien dit met ʼn tzatziki-doopsous.
Lewer 4 porsies
Bestanddele
- 60 ml lemoensap
- 15 ml tamatiepasta
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 15 ml fyn komyn
- 1 ml fyn kaneel
- 60 ml olyfolie
- 7 ml sout
- 5 ml varsgemaalde swartpeper
- 700 g varkfilet, in 3 cm-blokkies gesny
- 1 klein eiervrug, ongeskil in 3 cm-blokkies gesny
- 1 klein rooi ui, in 8 wiggies gesny
- 8 sosatiestokkies vir 1 uur in water geweek
- 1 x 190 g-bakkie klaargemaakte tzatziki (opsioneel)
Metode
- Meng die lemoensap, tamatiepasta, knoffel, komyn, kaneel, 30 ml olie, 5 ml sout en 2 ml peper saam in ʼn groot marinadebak.
- Giet die marinade oor die vleisblokkies en meng deur sodat die vleis goed bedek is. Bedek die bak en laat vir ten minste 1 uur in die yskas rus.
- Meng die eiervrug en ui met die oorblywende olie, sout en peper.
- Ryg die vleisblokkies en groente om die beurt op die sosatiestokkies en braai dit vir 20-30 minute oor matige kole. Draai die sosaties gereeld.
- Bedien dadelik saam met die tzatziki.
Bron: Lekker & Vinnig: Sosaties
Uitgewer: Lapa
Ek weet baie mense hou nie van varkvleis nie. Vervang dit met beesvleis of skaapvleis.
Mmm ek wonder oor hierdie resep. Marokko is ‘n Moslem land met sosaties van varkvleis?