Soorte resepte:

Resep: Mosterdhoender

Mosterdhoender (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie resep is glutenvry en gesond!
Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 8 hoenderdye, verkieslik sonder vel (750 g sonder vel)
  • 10 ml kanola- of olyfolie
  • 1 middelslag ui, geskil en gekap (100 g)
  • 2,5 ml sout
  • 15 ml suiker
  • 15-25 ml mosterdpoeier (of na smaak)
  • 15 ml mielieblom
  • 25 ml bruinasyn
  • 15 ml Worcestersous of sojasous
  • 60 ml lae-olie mayonnaise
  • 60 ml ongegeurde laevet jogurt
  • 125 ml kookwater

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 ° Rangskik die hoenderdye in ʼn enkele laag in ʼn oondbak.
  2. Verhit die olie en roerbraai die ui tot deurskynend. Skep dit oor die hoender en geur met sout.
  3. Meng die suiker, mosterdpoeier en mielieblom tot glad. Voeg die asyn, Worcestersous, mayonnaise en jogurt by en meng tot glad. Roer die kookwater by en gooi die sous oor die hoenderporsies.
  4. Bak dit vir 1 uur tot die hoender sag en gaar en die sous dik is. Die sous begin van die kant af verdik. Skep van tyd tot tyd die dikker sous van die buitekant af oor die oondbak of oor die hoender.
  5. Bedien dit met glutenvrye noedels en gemengde groente of groen slaai.

Bron: Lekker & Gesond: Glutenvry deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.