ʼn Heerlike groentesop met baie geur!
Bestanddele
- 15 ml kanola-olie
- 1 x 500 g-pakkie Russiese worsies
- 500 ml gekapte vars seldery
- 1 kg murgpampoentjies, in skywe gesny
- 2 x 410 g-blikkies gekapte tamaties
- 2 groen soetrissies, ontpit en in blokkies gesny
- 250 ml gekapte ui
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 10 ml sout
- 5 ml suiker
- 5 ml gedroogde origanum
- 5 ml Italiaanse kruie
- 5 ml gedroogde basiliekruid
- 250 ml hoenderaftreksel
- 100 ml fyngerasperde parmesaankaas (opsioneel)
Metode
- Verhit die olie in ʼn swaarboompan en braai die worsies vir 5 minute tot bruin. Skep die oortollige olie uit die pan.
- Meng die seldery deur die worsies en soteer vir 10 minute tot die seldery sag is.
- Meng die worsiemengsel, murgpampoentjies, tamaties, soetrissies, ui, knoffel, sout, suiker, kruie en hoenderaftreksel in die bak van ʼn prutpot.
Stel die prutpot op laag en kook die sop vir 4-6 uur. Skep die sop uit sodra dit klaar is, strooi die parmesaankaas oor en dien op saam met vars broodrolletjies.
Bron: 50 Prutpot geregte
Uitgewers: Lapa