Soorte resepte:

Resep: Oondgebakte heuning-en-suurlemoen-hoender

Oondgebakte heuning-en-suurlemoen-hoender (Foto: Lapa Uitgewers)

Bak hierdie heuning-en-suurlemoen-hoender wanneer jy weer begin kopkrap oor wat vanaand op die tafel voor te sit.

Bestanddele

2 porsies

  • 4 porsies/400 g hoenderporsies
  • 1-2 ml sout, na smaak
  • swartpeper, vars gemaal, na smaak
  • ± 15 ml koekmeelblom
  • 30 ml suurlemoensap
  • 30 ml heuning
  • 10 ml sojasous
  • 2,5 ml droë Italiaanse kruie

4 porsies

  • 8 porsies/800 g hoenderporsies
  • 2-4 ml sout, na smaak
  • swartpeper, vars gemaal, na smaak
  • ± 30 ml koekmeelblom
  • 60 ml suurlemoensap
  • 60 ml heuning
  • 20 ml sojasous
  • 5 ml droë Italiaanse kruie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. As die hoenderdye se velletjies afgetrek en enige oortollige vet verwyder word, is die sous aan die einde van die gaarmaakproses minder vetterig. Geur die porsies met sout en peper en rol dit in die meel. Skud die oortollige meel af en plaas die porsies in een laag in ʼn oondbak.
  3. Meng die suurlemoensap, heuning en sojasous tot glad. Giet die sous versigtig oor die hoenderporsies sodat die meellagie daarmee bedek word. Strooi die Italiaanse kruie oor.
  4. Bak 1 tot 1 ½ uur totdat die hoender goudbruin en gaar is. Bedruip dit af en toe met die sous. Die sous verdik aan die einde van die baktyd om ʼn heerlike soetsuursous te vorm.
  5. Bedien die hoender warm of koud.

Kan ek dit bêre?

Verkoel die gereg tot 48 uur of bevries dit tot 2 maande. Hou die hoendervleis voortdurend goed verkoel en herverhit net een keer om voedselvergiftiging te voorkom.

Bron: Min moeite

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.