Soorte resepte:

Resep: Oondgebakte witvis

Foto ter illustrasie. (Foto: Caroline Attwood/Unsplash)

Dié resep is perfek wanneer jy na geurige en gesonde geregte op soek is.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 4 witvisporsies soos stokvis, Cape Whiting of koningklip (± 400-450 g)
  • visspeserye of sout na smaak
  • 125 ml Crosse & Blackwell Trim-slaaisous
  • 125 ml ongegeurde laevet‑jogurt
  • 2 Pro-Vita-beskuitjies, fyn gerol
  • 50 ml gerasperde parmesaankaas (20 g)
  • knippie paprika
  • 25 ml gekapte vars pietersielie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot so 180 °C.
  2. Plaas die visporsies in ’n oondbak en geur dit liggies met visspeserye of sout. Meng die slaaisous en jogurt en skep dit oor die vis. Bak dit 20 minute.
  3. Meng die beskuitjiekrummels, parmesaankaas en paprika en strooi dit egalig oor die gereg. Bak dit nog 12 tot 15 minute totdat die vis gaar is en maklik vlok. Strooi gekapte pietersielie oor.
  4. Bedien dit met oondgebakte aartappelskyfies en beet- of wortelslaai.

Bron: Goeie Vet
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.