Soorte resepte:

Resep: Oondgeroosterde beesfilet met bruinsous

Oondgeroosterde beesfilet met bruinsous (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike geurige beesfilet gepas vir ʼn koning!

Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 20 ml kanola- of olyfolie
  • 10 ml balsamiese asyn
  • 1 kg beesfilet
  • 5 ml sout
  • 2,5 ml elk paprika en knoffelvlokkies
  • 1,25 ml elk varsgemaalde swartpeper en gemaalde kruienaeltjies
  • 5 ml gedroogde gemengde kruie
  • 60 ml kookwater
  • 50 ml soet sjerrie of port
  • 10-15 koekmeel gemeng met bietjie water

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 220 ° Meng die olie en asyn en verf die filet daarmee.
  2. Meng die sout en geurmiddels en strooi dit oor. Plaas dit in ʼn oondpan en voeg 60 ml kookwater by.
  3. Oondrooster dit vir 20 minute om die vleis vinnig te seël. Bedruip die vleis met die pansappe. Stel die oondtemperatuur af na 160 °C en oondrooster en bedruip verder vir 50 tot 60 minute. Toets met ʼn tandestokkie vir gaarheid. Die vleis is gereed wanneer die vleissap helder vloei.
  4. Haal die vleis uit die pan, bedek dit met aluminiumfoelie en laat 30 minute rus. Sny die gaar filet met ʼn skerp mes in dun skyfies.
  5. Berei intussen die bruinsous: Roer 100 ml kookwater by die pansap en giet dit deur ʼn sif. Vul die vloeistof met kookwater aan tot 150 ml. Verhit die vleissous en roer die sjerrie of port by.
  6. Roer die koekmeelpasta in ʼn dun straaltjie by tot die sous net verdik het. Proe en geur met nog sout, peper en naeltjies. Dien die sous afsonderlik op of giet dit oor die vleis, bedek met aluminiumfoelie en verhit dit in die oond.

Bron: Lekker & Gesond: Goeie vet deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.