Soorte resepte:

Resep: Oondgeroosterde lamskenkels

Foto ter illustrasie. (Foto: Limarga26/Pixabay)

Daar is darem min dinge so lekker soos ’n warm bord kookkos, veral wanneer die vleisgereg lamskenkel is.

Genoeg vir 4.

Bestanddele

  • 2 e (30 ml) olie
  • 4 lamskenkels (ongeveer 1,5 kg)
  • 2 e (30 ml) koekmeel
  • 3 e (45 ml) Clover Mooi River-botter
  • 1 wortel, geskraap en in blokkies gesny
  • 1 ui, geskil en fyngekap
  • 2 selderystingels, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gepers
  • 3 takkies vars roosmaryn
  • 3 vars salieblare
  • 2 lourierblare
  • 1 e (15 ml) tamatiepasta
  • 1 k (250 ml) rooiwyn
  • 1 ½ k (375 ml) lamsvleisaftreksel
  • 1 k (250 ml) Clover Krush (lemoengeur)
  • skil van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 e (15 ml) vars pietersielie, gekap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 150 °C.
  2. Verhit die olie in ‘n swaarboom-oondbak en rol die lamskenkels in die meel. Skud die oortollige meel af en braai die skenkels 5 tot 6 minute aan alle kante. Skep uit op ‘n bord en hou eenkant.
  3. Smelt die botter in die oondbak en voeg die groente en knoffel by. Soteer oor lae hitte vir 5 tot 6 minute.
  4. Skep die vleis in die bak en voeg die kruie, tamatiepasta, wyn, aftreksel, sap en suurlemoenskil by. Verhit tot kookpunt en verlaag die hitte. Geur met sout en peper en plaas die deksel op die bak.
  5. Rooster 2 tot 2½ uur totdat die vleis sag is. Strooi die pietersielie net voor opdiening oor.

Bron: Trooskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lily ·

Skaapvleis – ‘n groot luukse op die oomblik, asook om die oond aan te sit vir ongeveer 2 ure! Nietemin, dit lyk baie lekker!

Nommer 7 ·

Die hope bestandele gaan jou duurder kos as die skenkels. Mense het ook nie meer spense nie. Met al die hedendaagse “cooking sauces”, moet resepte nie meer as 3-5 bestandele bevat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.