Soorte resepte:

Resep: Oondhoender

Oondhoender (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike, klassieke en eenvoudige maal vir ʼn aand tuis.

Bestanddele

  • 4 e sagte botter
  • 2 e fyngekapte tiemie
  • 2 e fyngekapte roosmaryn
  • 1 heel hoender
  • 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die botter, tiemie en roosmaryn saam.
  2. Keer die hoender op sy rug en werk die bottermengsel versigtig met jou vingers tussen die hoender se vel en die borse in.
  3. Draai die hoender weer om en vryf die res van die hoender met die bottermengsel, ook aan die binnekant.
  4. Halveer die suurlemoen en stop die hoender daarmee.
  5. Plaas die hoender in ’n oondbak en bak vir 40 minute. Verminder die oondtemperatuur na 160 °C en bak vir ’n verdere 35 minute. Die hoender is gaar as jy ’n mespunt in die hoender druk en daar loop deurskynende vloeistof uit.

Bron: Laat die potte sing deur Marlise Scheepers

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.