Bestanddele:
- 1 houer (500 g) hoenderlewers, ontdooi en skoongemaak
- 15 ml botter of margarien, gesmelt’n Knippie sout
- Gemaalde peper na smaak
Bestanddele vir die sous:
• 1 ui, grofgekap
• 5 ml fyngekapte knoffel
• 15 ml botter of margarien
• 5 ml paprika
• 2 ml rissiepoeier
• 2 ml hoender-ekstrakpoeier
• 15 ml tamatiepasta
• 1 lourierblaar
• 100 ml droë witwyn
• 100 ml room
• 15 ml koekmeelblom
• 100 ml water
Berei die hoenderlewer:
- Voorverhit die oond tot 180°C.
- Meng die lewers, botter of margarien, sout en peper in ʼn klein oondvaste bak en bak dit 20 minute lank tot effens bruin.
Berei die sous:
- Braai die uie en knoffel stadig in die botter of margarien tot sag.
- Roer die paprika, rissiepoeier, ekstrakpoeier, tamatiepasta, lourierblaar en wyn by en laat prut 3 minute lank.
- Meng die room, koekmeelblom en water saam en roer by.
- Laat prut tot die sous begin verdik.
- Roer die lewers by en laat prut 8-10 minute lank.
Bron:
Die resepteboek, Tannie Poppie Kook, word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek die uitgewer se webwerf vir meer inligting oor die boek en skrywer. Lees ook meer oor Tannie Poppie en haar resepteboek hier.
Hoekom kan ons nie die resepte uitdruk nie?? Kry dit ook nie gestuur aan myself nie, laaste veld is ‘n proleem (wil sien of jy ‘n mens is)
Dagsê Susan
Die laaste veld is maar net om seker te maak dat kuberkrakers nie ons webwerf oorneem nie.
Daar is ‘n blokkie met ‘n eenvoudige sommetjie in, al wat jy hoef te doen is om die antwoord van die som in die blokkie te skryf, en dan kan jy die resep vir jouself stuur.
Ek stuur jou versoek om die resepte te kan uitdruk, deur aan die tegniese span. Dalk is daar ‘n oplossing!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media