Soorte resepte:

Resep: Pasta Alfredo

Foto ter illustrasie (Foto: Engin Akyurt/Pixabay)

Raak kreatief tydens beurtkrag en probeer om dié eenvoudige Pasta Alfredo-resep sommer in ʼn kastrol op die gasbottel voor te berei.

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • ʼn klont Clover Farmstyle-botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 5 ml fyngekapte knoffel
  • 1 x 250 g-pakkie sampioene, in skyfies gesny
  • 14 skyfies ham, in blokkies gesny
  • ʼn hand vol fyngekapte vars pietersielie
  • 75 ml koekmeel
  • 375 ml warm Clover-volroommelk
  • 250 ml Clover- vars room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Pasta:

  • 1 x 500 g-pak tagliatelle

Metode:

  1. Verhit genoeg botter en soteer die ui en knoffel tot sag.
  2. Voeg die sampioene by en soteer vir nog 5 minute.
  3. Voeg die ham en pietersielie by en soteer vir ʼn verdere 5 minute.
  4. Roer die koekmeel deur en meng die melk geleidelik by tot ʼn gladde sous sonder klonte vorm.
  5. Roer die room by en verhit oor lae hitte tot die sous begin verdik. Roer gereeld.
  6. Geur na smaak met sout en peper en hou die sous warm. (Roer ʼn bietjie melk deur die sous indien jy dit dunner verkies.)
  7. Pasta: Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie tot al dente en dreineer.
  8. Roer ʼn klein bietjie olie deur sodat die pastastukke nie aan mekaar vaskleef nie.
  9. Skep die warm Alfredo-sous bo-oor pastastukke en sit dadelik voor.

Bron: Clover Ekonomiese Gesinskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.