Soorte resepte:

Resep: Pikante varksosaties met pynappelsalsa

Pikante varksosaties met pynappelsalsa. (Foto: Lapa Uitgewers)

Kikker jou volgende braaikuier met dié interessante sosaties op.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 1 pynappel, geskil en in skywe van 1 cm dik gesny
  • 1 jalapeño-brandrissie, ontpit en fyngekap
  • 250 ml gekapte vars koljanderblare
  • 15 ml vars suurlemoensap
  • 2 ml sout
  • 2 ml varsgemaalde swartpeper
  • 30 ml olyfolie
  • 45 ml brandrissiepoeier
  • 800 g varkfilet, in 2,5 cm-blokkies gesny
  • 4-6 sosatiestokkies, vir 1 uur in water geweek

Metode

  1. Braai die pynappelskywe vir 2 minute aan ’n kant. Sny die pynappelskywe in blokkies, maar gooi die harde kern van elke skyfie weg.
  2. Meng die pynappel, rissie, koljanderblare, suurlemoensap, 1 ml sout, swartpeper en 15 ml olyfolie saam en hou eenkant.
  3. Meng die brandrissiepoeier, oorblywende sout en olie saam.
  4. Voeg dit by die vleisblokkies en meng deur sodat die vleis goed bedek is.
  5. Ryg die vleisblokkies op die sosatiestokkies en braai die sosaties vir ongeveer 15 minute. Draai die sosaties elke 2 minute tot die vleis gaar is.
  6. Bedien dadelik saam met die pynappelsalsa.

Bron: Sosaties
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.