Pizza-maak is ʼn heerlike aktiwiteit waaraan die hele gesin kan deelneem.
Bestanddele
Kors
- 500 ml koekmeel
- 3 ml sout
- 100 ml Cremora (opsioneel)
- 10 ml kitsgis
- 50 ml botter
- 250 ml louwarm water
- ʼn bietjie kookolie
Bolaag
- ongeveer 375 ml tamatie-en-uiemengsel
- gedroogde gemengde kruie
- 2-3 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny
- 15-20 ml blatjang
- gerasperde mozzarella- of-cheddarkaas
- dun repies soetrissie (groen, geel, rooi)
- spekvleis, in blokkies gesny
- piesangskywe (opsioneel)
Metode
Kors
- Plaas die koekmeel (en cremora), gis, sout en botter in ʼn mengbak.
- Maak bogenoemde aan met die louwarm water en bietjie olie om ʼn sagte, nie-klewerige deeg te vorm. Rol uit op ʼn meelbestrooide oppervlak in ʼn sirkel.
- Plaas versigtig op gesmeerde bakplaat of pizza-bord. Smeer kors met olyfolie.
Bolaag
- Meng die blatjang saam met die tamatie-en-uie-mengsel. Smeer oor deeglaag. Plaas knoffelskyfies op en sprinkel gemengde kruie oor. Strooi helfte van die kaas oor, voeg spek by en dan die res van die kaas. Garneer met repies soetrissie.
- Bak in voorverhitte oond by 200 °C vir ongeveer 20 minute. Wanneer gaar, versprei piesangskywe oor pizza en dien dadelik op.
Variasies
- Ham- en pynappelstukkies, salami en olywe, tuna en ansjovis, sampioene, gebraaide hoenderborsie en uie. Gee jou verbeelding vrye teuels, maar hou egter by dit waarvan die gesin of gaste sal hou.
Bron: Marilyn kuier en kook!
Uitgewers: Lapa