Soorte resepte:

Resep: Platribrol met spinasie-en-sampioenvulsel

Platribrol met spinasie-en-sampioenvulsel. (Foto: Lapa Uitgewers)

Lyk dié platribrol nie indrukwekkend nie? Jy sal verbaas wees oor hoe eenvoudig dit is om hierdie gereg op te dis.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 2,5 kg ontbeende platrib
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

VULSEL

  • 15 ml (1 e) avokado-olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 5 ml (1 t) gekapte vars knoffel
  • knypie droë pietersielie
  • 250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
  • 300 g (1 pak of 1 bos) spinasie, ontstingel en fyn gekerf
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 187 ml (¾ k) fyngerasperde cheddar

GROENTE

  • 5 uie, geskil en in kwarte gesny
  • 24 aartappeltjies, gewas
  • 2 handevol kersietamaties
  • bietjie olie

Metode

  1. Stel oond op 180 °C.
  2. Rol platrib oop. Vryf sout en peper in vleis. Hou eenkant.
  3. VULSEL: Verhit olie en soteer ui, knoffel en pietersielie daarin tot sag.
  4. Voeg sampioene by en soteer tot sag.
  5. Voeg spinasie by en soteer tot net verwelk. Geur met sout en peper. Roer kaas by.
  6. Skep vulsel op platrib en rol op.
  7. Bind vleisrol met tou vas en bak vir 1½ uur in kasserolbak met deksel op.
  8. Verwyder deksel en bak vir 1 uur tot vleis begin verbruin.
  9. GROENTE: Plaas uie, aartappels en tamaties waaroor olie gesprinkel is saam met vleis in oondbak. Bak vir laaste uur van baktyd saam met vleis.

Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.