Soorte resepte:

Resep: Ploughman-burgers

Ploughman-burgers Foto: Japtrap Braai

Ploughman-burgers Foto: Japtrap Braai

Wat hierdie burgerpatties so lekker maak, is dat dit net so heerlik op hulle eie is as wat dit op ‘n rolletjie is met al die gewone burgerbykomstighede.

Gasbraai
Ketelbraai direk
Vuur van hout of houtskool

Bestanddele:
1 kg wildsvleis- of volstruismaalvleis
125 g streepspek met ‘n bietjie vet aan, fyngekap
250 ml (1 k) vars witbroodkrummels
1 ekstra-groot eier
sout en varsgemaalde swartpeper
125 ml (½ k) blatjang
6 – 8 piekeluie, in dun skyfies gesny
250 g sterk kaas soos cheddar of emmentaler

Metode:
1. Meng die maalvleis, spek, broodkrummels en eier in ‘n groot mengbak. Geur ruimskoots.
2. Maak jou hande nat en vorm 12 – 16 dun burgerpatties. Plaas die helfte van die patties op ‘n plat oppervlak. Smeer ‘n lagie blatjang op elkeen. Sit van die fyn uieringe bo-op. Sny die kaas in dieselfde aantal snye en druk sirkels van dieselfde grootte as die patties uit die sny kaas. Plaas een op elke pattie bo-op die baltjang en uie. Bedek elk met nog ‘n pattie en druk die rande opmekaar sodat die inhoud binne bly.
3. Braai oor ‘n baie warm gasvlam of kole vir 8 – 10 minute aan ‘n kant. Wees baie versigtig wanneer jy die patties omdraai sodat dit nie breek nie. Sit voor op broodrolletjies met botter saam met al die ander tradisionele burgerbykomstighede soos slaaiblare en skywe tamatie.

Genoeg vir 6 – 8

Resep oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai
Uitgewer: Struik
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marietjie van Jaarsveldt ·

Dit lyk heerlik! Ek dink ek gaan dit definitief probeer, daar’s ñ hele klomp om dié vakansie kos te gee!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.