Soorte resepte:

Resep: Portugese familiehoender

Portugese familiehoender (Foto: Lapa Uitgewers)

“My oorle’ grootoom Jacobus Ferreira was ʼn absolute kenner van die Ferreira-familiestamboom en -geskiedenis en het selfs ʼn boek daaroor geskryf. Hierdie resep is een van sy gunstelinge wat ek aangepas het,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek, Armand kook kaal 2.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 4 e olyfolie
  • 1½ kg hoenderstukke
  • 3 uie, in kwarte gesny
  • 6 knoffelhuisies, gekap
  • 1 e paprika
  • 1 t varsgemaalde swartpeper
  • 1 e orego
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 250 ml droë rooiwyn
  • 1 e xilitol
  • 10 druppels Tabasco
  • 2 e tamatiepasta
  • 1 blikkie (400 g) heel tamaties
  • sap van ½ suurlemoen
  • 2 e amandelmeel
  • 2 lourierblare
  • sout
  • suurroom
  • gekapte pietersielie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit die olyfolie in ʼn groot, oondvaste pot en braai die hoenderstukke oor hoë hitte vir sowat 5 minute tot bruin. Verlaag die hitte.
  3. Voeg die uie en knoffel by en braai liggies vir 2 tot 3 minute tot glanserig.
  4. Voeg die paprika, swartpeper en orego by en braai weer liggies.
  5. Voeg die hoenderaftreksel, rooiwyn, xilitol en Tabasco by en laat dit vir 5 minute saam prut.
  6. Voeg laastens die tamatiepasta, blikkie tamaties, suurlemoensap, amandelmeel en lourierblare by. Roer om alles goed te meng. Laat weer vir 5 minute prut en geur met sout.
  7. Plaas die deksel op die pot en bak in die oond vir sowat 1 uur.
  8. Sit voor in bakkies met ʼn skeppie suurroom en garneer met pietersielie en, in my oom se eie woorde: “Geniet saam met swaar rooiwyn en goeie geselskap.”

Bron: Armand kook kaal Volume 2 deur Armand Aucamp
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Phillip ·

Waar gaan ons enige wein in die hande kry als is mos toe mmmm

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.