Byt & Buskruit is terug met ʼn tweede seisoen: Kom kyk gratis saam!
Bestanddele:
- 1 kg riboog-biefstuk
- kersietamaties
- 1 ui
- vars koljander
- olyfolie
- sout & peper
Metode:
- Sny die vleis in lekker groot stukke.
- Ryg afwisselend die vleis, tamatie, stukkies uie en vars koljander op ʼn stuk bloudraad.
- Gooi bietjie olyfolie oor.
- Geur met varsgemaalde sout en peper.
- Hang hom oor ʼn lekker warm vuur tot gaar, en smeer kort-kort met ʼn lekker sous van jou keuse.
Bykos: Mosterdsous
Bestanddele:
- 125 ml suiker
- 5 ml sout
- 2 ml droë mosterd
- 25 ml koekmeel
- 1 k water
- 250 ml mayonnaise
- 125 ml witasyn
- 250 ml olie
- 1 suurlemoen se sap
- 1 e heelkorrel-dijonmosterd
Metode:
- Meg al die bestanddele saam om ʼn sous te vorm.
Sit voor saam met tong:
- Kook die tong gaar in ʼn stoompot vir so 45 minute.
- Laat die tong afkoel, en haal dan die vel af.
- Pak lae van die tong afgewissel met sous in ʼn potjie of bakpan.
- Sit dit oor die vuur of in ʼn bakpan.
Bron: Byt & Buskruit