Soorte resepte:

Resep: Roerby-frikkadelle

(Foto: Argieffoto)

Maroela Media-leser Michelle Mc Geer sê hierdie resep is uit nood gebore toe sy ʼn lank ruk nie inkopies gaan doen het nie, en moes kosmaak met dít wat in haar spens was.

“Ek het een aand laat tuis gekom en was baie lus vir spaghetti en frikkadelle, maar ek het nie maalvleis of spaghetti in die huis gehad nie.”

“Ek was glad nie tevrede met myself nie omdat ek ’n week terug al moes gaan inkopies doen het.”

Mc Geer het wel ʼn pak wors en aartappels in die huis gehad en toe besluit om ʼn plan te maak.

“ʼn Paar minute later het ek opgeskep en ʼn groot hap van die kapokaartappels en ‘frikkadelle’ gevat. Dit was toe eintlik só lekker. Sedertdien is dit ʼn resep wat ek elke week maak.”

Bestanddele

  • 5-6 medium aartappels
  • 1 pak wors
  • 1 ui
  • 1 k bedruipsous (ek gebruik sommer Spur se “basting sauce”)
  • 3 e Worcestersous
  • 1 e blatjang

Metode

  1. Skil die aartappels, sny in klein blokkies en kook tot sag. Druk fyn om kapokaartappels te maak.
  2. Sny die wors in klein balletjies om frikkadelle te maak. Braai in ʼn bietjie olie tot bruin.
  3. Sny die ui in klein blokkies en voeg by die frikkadelle, kook vir so 5 minute.
  4. Voeg dan die Worcestersous by en laat prut vir sowat 3 minute.
  5. Voeg die sous en blatjang by en meng goed deur, laat prut vir 10 minute.
  6. Skep die worsmengsel oor die aartappels en geniet.

Het jy ‘n lekker resep wat jy met ons kan deel? Stuur dit vir ons hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.