Soorte resepte:

Resep: Rogan Josh-lamsvleis

Rogan Josh-lamsvleis (Foto: Lapa Uitgewers)

Moenie dat die lys met bestanddele vir hierdie Indiese lamskerrie jou afskrik nie. Al die kruie en speserye is juis wat dié gereg so mondwaterlekker maak.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 5 ml (1 t) varsgemaalde swartpeper
  • knippie growwe seesout
  • 5 ml (1 t) gekapte vars knoffel
  • 5 ml (1 t) borrie
  • 3 cm vars gemmer, geskil en fyngerasper
  • 80 ml (¼ k) Clover Classic-ongegeurde jogurt
  • 1 kg lamsvleis, in blokkies gesny
  • Clover Mooi River-botter
  • 3 rooi uie, fyngekap
  • knippie fyn kardemom
  • knippie fyn kruienaeltjies
  • 1 kaneelstokkie
  • 5 ml (1 t) fyn komyn
  • 15 ml (1 e) fyn koljander
  • 2 rooi soetrissies, ontpit en in blokkies gesny
  • 3 rooi brandrissies, ontpit en fyngekap
  • handvol vars koljander, grofgekap
  • 10 ml (2 t) paprika
  • 3 tamaties, in blokkies gesny
  • 410 g (1 blik) gekapte tamaties
  • 250 ml (1 k) water

OM VOOR TE SIT

  • handvol vars kruisementblare
  • handvol vars koljanderblare
  • klapper
  • naanbrood
  • ekstra jogurt

Metode

  1. Meng die swartpeper, sout, knoffel, borrie, gemmer, jogurt en vleisblokkies saam in ʼn glasbak en laat dit 2 uur lank of oornag in die yskas marineer.
  2. Smelt genoeg botter en braai die uie tot amper sag in ʼn kasserolbak of ʼn kastrol wat in oond ook gebruik kan word. Voeg die kardemom, naeltjies, kaneel, komyn en koljander by. Braai nog 2 minute.
  3. Gooi die soetrissies, brandrissies, gekapte koljander, paprika, vars tamaties en blikkie tamaties by. Laat prut dit 10 minute lank. Voeg die water by.
  4. Giet die vleisblokkies saam met die marinade by die mengsel in die kasserolbak en bedek die bak.
  5. Voorverhit die oond tot 170 °C. Stowe die gereg 2 uur lank, of tot die vleis sag is.
  6. Kap die kruisement- en koljanderblare fyn en strooi dit oor die gereg.
  7. Strooi klapper oor en sit dit warm voor saam met naanbrood en ekstra jogurt.

Bron: Gunsteling Suid-Afrikaanse kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eend Bessinger ·

Te “spicy”? Vervang rissies met tamaties. En voeg meer jogurt by.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.