Soorte resepte:

Resep: Romerige blatjang-hoendergebak

Foto net ter illustrasie. (Foto: Harry Dona/Pexels)

Blatjanghoender is waarskynlik ʼn gunsteling in baie Suid-Afrikaanse huise. Probeer gerus dié resep wat jy in jou ketelbraai kan gaarmaak.

Bestanddele

  • 500 g ontbeende hoenderstukke
  • 2 e (30 ml) gesmelte Clover Mooi River-botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 e (15 ml) olie
  • 1 rooi-ui, gekap
  • 1 elk rooi-, geel- en groensoetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • ½ k (125 ml) perske- of pynappelblatjang
  • ⅓ k (80 ml) Clover Tropika- tropiese vrugtesap
  • ½ k (125 ml) mayonnaise
  • 1 k (250 ml) Clover-room
  • 1 e (15 ml) vars gekapte koljanderblare

Metode

  1. Verf die gesmelte botter oor die hoenderstukke en geur met sout en peper. Skroei op die braai of in ʼn warm pan vir 4-5 minute aan ʼn kant. Plaas oor na ʼn aluminiumfoeliebakkie.
  2. Voorverhit ʼn ketelbraai of oond tot 160 ºC.
  3. Verhit die olie in ʼn pan en braai die uie vir 4-5 minute. Voeg die rissies by, braai vir 2-3 minute en voeg dan by die hoender.
  4. Meng die blatjang, sap en mayonnaise en giet oor die hoenderdis.
  5. Bedek en maak gaar in die ketelbraai of oond vir 20-25 minute. Voeg die room by en braai verder onbedek vir 10 minute of tot die hoender sag is.
  6. Garneer met koljanderblare en bedien met skottelgebraaide rys.

Bron: Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Marius

Yum yum… :-)