Soorte resepte:

Resep: Romerige hoenderlewers

Romerige hoenderlewers. (Foto: Lapa Uitgewers)

Sit dié romerige hoenderlewers voor met pasta, rys, krummelpap of kapokaartappel.

Lewer 4 tot 6 porsies

Bestanddele

  • 500 g hoenderlewers
  • sout en peper na smaak
  • Clover Mooi River-botter
  • 30 ml (2 e) koekmeel

SOUS

  • 60 ml (4 e) Mooi River-botter
  • 2 uie, gekap
  • 5 ml (1 t) gekapte vars knoffel
  • 1–2 rooi brandrissies, ontpit en fyngekap
  • 125 g (½ pakkie) sampioene, in skyfies gesny
  • 125 ml (½ k) witwyn
  • 410 g (1 blik) gekapte tamaties
  • 10 ml (2 t) suiker
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • knippie peper
  • 250 ml (1 k) Clover- vars room
  • 125 ml (½ k) Clover-volroommelk

Metode

  1. Geur die hoenderlewers met sout en peper en braai dit in botter.
  2. Roer die koekmeel by en verwyder dit van die hitte.

SOUS

  1. Smelt die botter in ʼn kastrol en braai die uie, knoffel en brandrissies tot die uie sag is.
  2. Voeg die sampioene by en braai tot sag.
  3. Voeg die witwyn en tamaties by. Laat prut dit oor lae hitte sodat die sous kan verdik – ongeveer 15 minute.
  4. Voeg die gaar hoenderlewers, suiker, sout, peper, room en melk by. Laat prut dit nog 15 minute tot deurwarm.
  5. Sit dit warm voor soos verkies.

Bron: Gunsteling Suid-Afrikaanse kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.