Soorte resepte:

Resep: Romerige salm-en-mosselsop

Romerige salm-en-mosselsop (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie sop is dik, geurig en ryk.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 2 spekvleisrepies, gekap
  • 10 ml (2 t) kanola-olie
  • 1 ui, gekap
  • 2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 600 ml vis- of hoenderaftreksel
  • 200 g sampioene, gekap
  • 1 x 213 g-blik pienk salm, gedreineer
  • 300 g mosselvleis
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml (1 k) room
  • fyngekapte vars pietersielie vir garnering

Metode

  1. Plaas die spekvleis in ’n koue swaarboompan en verhit dit. Braai dit tot dit bros en bruin is.
  2. Voeg die olie en ui by en soteer die ui tot dit sag en deurskynend is.
  3. Voeg die aartappelblokkies en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit liggies prut tot die aartappels sag is.
  4. Voeg die sampioene by en laat die sop vir nog 5 minute prut tot die sampioene sag is.
  5. Voeg die salm, mossels en geurmiddels by en verhit die sop weer tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat die sop vir nog 10 minute liggies prut.
  6. Roer die room deur die sop en verhit alles tot deurwarm (moet dit nie weer laat kook nie).
  7. Garneer met die pietersielie en sit dadelik voor.

Bron: 50 sop-en-broodgeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.