Soorte resepte:

Resep: Russiese worsieslaai met Franse slaaisous

Russiese worsieslaai met Franse slaaisous (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié worsie en-pastaslaai sal jou voete onder jou uitslaan.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 750 g (2 pakke) Russiese worsies (Russians)
  • ʼn bietjie olie
  • 125 g (¼ pak) penne-pasta
  • 20 vars groenboontjies
  • 16 kersietamaties, gehalveer
  • 440 g (1 blik) pynappelstukke, gedreineer
  • boontjiespruite na smaak

SLAAISOUS

  • 3 grasuie, gekap
  • 30 ml gekapte vars pietersielie
  • knippie peper
  • 90 ml Franse slaaisous

Metode

  1. Braai die worsies in die olie tot gaar. Sny in groterige skuins skywe en laat afkoel.
  2. Kook die pasta in borrelende water met ‘n bietjie sout tot al dente (net gaar). Dreineer en roer bietjie olie deur.
  3. Sny die boontjies skuins in 5 cm-lengtes. Kook tot net sag en spoel onder koue water af.
  4. Voeg die slaaibestanddele, insluitend die worsies, bymekaar en meng liggies.
  5. SLAAISOUS: Meng slaaisousbestanddele en giet oor die slaai.

Bron: Vinnige en maklik: resepte uit Vrouekeur 2 deur Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.