Soorte resepte:

Resep: Salami-en-soetrissie-voupakkies

Salami-en-soetrissie-wraps (Foto: Lapa Uitgewers)

Wraps (tortilla-voupakkies) werk goed vir die kosblik. Dit is ook ʼn heerlike, vinnige en gesonde middagete.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 750 ml gekapte blaarslaai
  • 250 ml gesnyde rooi soetrissie
  • 30 ml olyfolie
  • 30 ml rooiwynasyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 120 g roomkaas
  • 250 g gesnyde salami
  • 4 wraps

Metode

  1. Meng die blaarslaai en soetrissie met die olie en asyn; geur met sout en peper.
  2. Smeer die roomkaas op die tortillas. Rangskik die salami en blaarslaaimengsel bo-op.
  3. Draai dit styf toe, halveer en bedien.

Bron: Lekker & vinnig: Wraps
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.