Wraps (tortilla-voupakkies) werk goed vir die kosblik. Dit is ook ʼn heerlike, vinnige en gesonde middagete.
Lewer 4 porsies
Bestanddele
- 750 ml gekapte blaarslaai
- 250 ml gesnyde rooi soetrissie
- 30 ml olyfolie
- 30 ml rooiwynasyn
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 120 g roomkaas
- 250 g gesnyde salami
- 4 wraps
Metode
- Meng die blaarslaai en soetrissie met die olie en asyn; geur met sout en peper.
- Smeer die roomkaas op die tortillas. Rangskik die salami en blaarslaaimengsel bo-op.
- Draai dit styf toe, halveer en bedien.
Bron: Lekker & vinnig: Wraps
Uitgewer: Lapa