Soorte resepte:

[Resep]  Salm-en-komkommervorm

Foto: Lekker en Gesond -  Goeie vet

Salm-en-komkommervorm. Foto: Lekker en Gesond – Goeie vet

Jou gaste sal baie beïndruk wees as jy hierdie vormpies voorsit …

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 5 ml hoenderaftrekselpoeier
  • 125 ml kookwater
  • 15 ml gelatienpoeier, geweek in 50 ml koue water
  • ± ½ Engelse komkommer – ongeskil, fyngerasper (150 g)
  • 10 ml gerasperde ui
  • 1 ml fyngerasperde lemmetjie- of suurlemoenskil
  • 15 ml vars suurlemoensap
  • 217 g-blik soliedverpakte pienk salm, fyngemaak
  • 25 ml tamatiepuree
  • 25 ml lae-olieslaaisous
  • 75 ml ongegeurde laevetjogurt
  • 125 ml laevetmaaskaas
  • 1,25-2,5 ml sout, opsioneel
  • paar druppels Tabascosous, opsioneel
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:

  1. Los die aftrekselpoeier in die kookwater op en roer dit by die geweekte gelatien totdat dit gesmelt en helder is. Laat dit afkoel.
  2. Dreineer die komkommer in ’n sif, druk enige oortollige water uit en plaas dit in ’n mengbak.
  3. Voeg die afgekoelde gelatien, ui, skil, sap, salm, tamatiepuree, slaaisous, jogurt en maaskaas by die komkommer. Meng en geur na smaak met sout, Tabascosous en swartpeper. Verkoel die mengsel vir 30 minute totdat dit begin verdik.
  4. Roer die mengsel en skep dit in ’n 1 liter-glasbak of verdeel dit tussen ses vormpies en verkoel totdat dit heeltemal gestol is.
  5. Sit dit voor met volgraankraakbeskuitjies, bros slaaiblare en kersietamaties.

Bron: Lekker en Gesond – Goeie Vet
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Esther Jansen van Nieuwenhuizen ·

epos asb vir my die salm en komkommervorm resep asb

Landi Slatter ·

Dagsê Esther

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Jy is welkom om ‘n skermskoot van die resep te maak en dit só in die kombuis te gebruik.

Uiteraard wil ons egter graag hê jy moet die uitgewers ondersteun wat hulle resepte so mildelik gratis aan ons lesers verskaf. Die resepte wat ons publiseer is inderwaarheid ‘n bemarking vir dié wonderlike boeke. Die skakel na die uitgewers is onderaan die berig.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.