ʼn Sosatie is altyd ʼn wenner – veral as die resep so maklik soos dié een is. Perfek vir die kosblik, ʼn braai of sommer vir aandete wanneer dinge rof gaan.
Lewer 8 porsies
Bestanddele:
- 500 g knopiesampioene
- 250 g streepspek
- 300 ml braaisous
- sosatiestokkies, vir 1 uur in water geweek
Metode:
- Sny die spekstroke in die helfte en draai elk van die sampioene met ʼn stukkie spek toe.
- Ryg die sampioene op die sosatiestokkies en verf die braaisous oor.
- Braai die sosaties vir 10-15 minute tot die spek gaar is.
- Bedruip dit met braaisous terwyl dit gebraai word.
- Bedien dadelik.
Bron: Lekker en Vinnig – Sosaties
Uitgewer: Lapa
watter braaisous word aanbeveel om te gebruik?
Enige braaisous(barbeque sauce) soos Jimmy’s, hulle is almal basies dieselfde, of jy kan jou eie maak.
Meng Tamatiesous, soyasous, suiker, asyn en hier kan jy jou verbeelding gebruik, voeg bietjie worchestersous, braai speserye, brandsous, ensovoorts by.